Wessiewerf
VISIE
Wessiewerf streef na die ontwikkeling van ‘n selfstandige , selfgedissiplineerd leerder met waardes en norme wat verantwoordelikheid kan besef en aanvaar, nie slegs teenoor hom/haarself nie, maar ook teenoor die familie, hul geloof, hul skool en gemeenskap. Elke leerder wat die Wessiewerf verlaat, moet in staat wees om ‘n daadwerklike verskil in die wêreld te maak.
Binne ‘n gedissiplineerde omgewing met ‘n vaste roetine. Kry elke leerder die geleentheid om hom of haarself op verskillende gebiede te ontwikkel en uit te lewe. Hierdie vind binne ‘n veilige omgewing binne die skoolterrein plaas.
Wessiewerf bied ‘n ideale geleentheid vir leerders wat aktief by die skool op verskillende gebiede betrokke is, om op die terrein te wees en loopafstand vanaf die alle aktiwiteite.
Kamers en geriewe
Wessiewerf is ‘n moderne koshuis wat oor ‘n wooneenheid vir dogters en ‘n wooneenheid vir seuns beskik.
Elke wooneenheid is toegerus met ‘n yskas, ketel en mikrogolfoond vir almal se gebruik.
Wasgoed bly die verantwoordelikheid van die ouers om toe te sien dat die klere van die leerders gewas word.
Kamers word uitgevee en daar is asblikke, lessenaar en stoel in elke kamer. Die vensters het gordyne. Elke leerder het sy/haar eie kas met hangplek en rakke. Internet is beskikbaar.
Vir graad 12 -leerders word daar gepoog om enkelkamers beskikbaar te stel; in die meeste gevalle woon leerders in dubbelkamers.
Graad 8,9 en 10 leerders studeer in die studiesaal. Graad 11 en 12 leerders studeer in hul kamers indien hul akademiese rekord in orde is.