Sport Aktiwiteite
Wessie-atletiek is ‘n toonbeeld van topgehalte afrigting, harde werk en puik atlete as eindproduk. Hoërskool Wesvalia se atletiek is van die beste in Klerksdorp en word elke jaar net beter. Die Wessies neem jaarliks aan die UJ Top 15, TUKS Top 10, NWU Top 30, Naboomspruit Top 20 en die Puma School of Speed deel.
DOELWITTE VIR BOOGSKIET
- Om die waardes van ons skool, naamlik respek, omgee, trots en harde werk uit te leef.
- Om ware liefde en genot vir die sport te ontwikkel.
- Om massa deelname te bevorder.
- Om goeie sportmangees, kameraadskap en deursettingsvermoë te ontwikkel.
- Om vaardighede te ontwikkel.
- Om kwaliteit afrigting aan te bied aan die hand van die nuutste tegnieke.
- Om talent onder ons kinders te ontgin en te bevorder.
- Om die beeld van ons skool uit te bou.
Hoe lyk boogskiet vir 2023
- Boogskiet kan as sportsoort beoefen word, binne die riglyne en beperkings wat op die beoefening van sport geplaas word as gevolg van die Covid-pandemie.
- Dit impliseer dat oefeninge kan plaasvind en alle kompetisies virtueel sal geskied.
- Geen reis van skuts na ander skole om deel te neem aan kompetisies mag plaasvind nie.
Registrasie en kompetisies
- Virtuele kompetisies sal geskied by Wesvalia, op Saterdae volgens die program van NASP (National School Archery Programme). Datums van kompetisies sal gekommunikeer word.
- Dit is belangrik dat elke skut aan so veel as moontlik kompetisies deelneem aangesien die beste vier tellings van kompetisies en Noordwes kampioenskap tellings van die skut in aanmerking geneem word vir die Noordwes span.
- Registrasie van skuts by NASP is ‘n voorvereiste om aan die virtuele kompetisies deel te neem. Registrasiegelde beloop R220.
Oefentye
- Oefening vind plaas op Maandae en Woensdae.
- Die skuts word in twee groepe vir oefenig doeleindes ingedeel:
Eerste groep oefen vanaf 15h00 -16h00 en tweede groep oefen van 16h00 – 17h15.
Toerusting
- Skool het boeë, pyle en pylstoppers wat deur skuts gebruik word. Word na elke rondte gesaniteer.
- Skuts wat belangstel om hul eie boog en/of pyle te koop kan by die afrigters inligting kry.
Wesvalia neem deel aan die “Spur Mountain Bike School Challenge”.
Die webtuiste vir die Bergfietsry is baie goed uiteengesit en ons moedig elkeen aan om dit te besoek.
Hou die webtuiste dop vir verdere nuus: http://www.spurmtbleague.co.za
Vir enige navrae: Mnr Kokkie Jansen van Rensburg sel: 082 411 1375 & Mnr Coenraad Steenkamp sel: 072 968 1019
Organiseerder – Jannie Swanepoel
Gholf staan sy plek vol tussen al die sportsoorte by Wesvalia. Ons is baie trots op ons uitslae van die 2021-seisoen waarin ons aan verskeie toernooie en ligas deelgeneem het.
Ons sien uit na ‘n opwindende seisoen wat voorlê.
Doelwitte vir die sport:
• Om ware liefde vir die sport te help kweek.
• Om goeie sportmangees, kameraadskap en deursettingsvermoë te ontwikkel.
• Om verskeie vaardighede te ontwikkel.
Kostes per wedstryd:
Die kostes wissel per wedstryd afhangende van die baanfooi van die betrokke baan waar ons deelneem.
Kleredrag:
Ons 1ste span het hul spesiale 1ste spandrag, en die res van die spanne neem deel in hulle Wessie drag .
TOERNOOIE :
Ons neem jaarliks deel aan die Sun City Hoërskole “Prestige” toernooi, waar die spelers op die Gary Player en Lost City bane speel. Daar neem 25 skole aan die toernooi deel, sedert 2017 is ons deel van die toernooi.
Pukreeks toernooi:
Hier neem 16 skole deel aan die toernooi deel.
Doelwit
- Om die waardering en liefde vir hengel as sport te kweek.
- Hengel as sport moet net soos ander sportsoorte in die skool bevorder word en dieselfde geleenthede gebied word.
- Die volgende hengelvaardighede van die spelers moet verbeter:verskillende soorte gooie; aas aanbieding, lees van die water en hengel toestande wedstrydtemperament en besluitneming.
- Gesonde kompetisie tussen individue en ander skole word aangemoedig, maar die genot van die spel moet voorrang geniet.
- Om dinamiese hengelspanne saam te stel op so ‘n wyse dat dit die skool se beeld uitdra.
- Alle spanne moet sportmangees, goeie gedrag en regverdigheid te alle tye laat seëvier.
- Alle spanne en afrigters moet hengelvaardighede sowel as etiek van hengel as doelwit nastreef.
DOGTERSHOKKIE
Organiseerder -M. Oosthuizen
Ons doen nie net hokkie nie – dit is ons PASSIE!
Wesvalia is geseënd met ‘n gesonde hokkie-kultuur wat ryk is aan tradisies. Wesvalia het twee junior ouderdomsgroepe, O/14 en O/15, en drie seniorspanne naamlik O/16, 3de, 2de en 1ste-span.
Ons maak gebruik van onderwysers, sowel as buite-afrigters, wat ‘n positiewe en sigbare impak in die ontwikkeling van die dogters-hokkie maak.
Ons neem deel in twee ligas, die PUK Prestige reeks en die Platinum Noordwes-liga en verskeie vriendskaplike wedstryde.
Word deel van die hokkie-familie by Wesvalia en ervaar die energie , entoesiasme en kameraderie van ons dogters!
SEUNSHOKKIE
Wesvalia is geseënd met ‘n gesonde hokkie-kultuur wat ryk is aan tradisies. Wesvalia het ‘n juniors – en seniorspan.
Ons maak gebruik van onderwysers, sowel as buite-afrigters, wat ‘n positiewe en sigbare impak in die ontwikkeling van die seuns-hokkie maak.
Ons neem deel in twee ligas, die PUK Prestige reeks en die Platinum Noordwes-liga en verskeie vriendskaplike wedstryde.
Word deel van die hokkie-familie by Wesvalia en ervaar die energie , entoesiasme en kameraderie van ons seuns!
Krieket is een van die groot sportsoorte wat deur seuns en meisies by Wesvalia beoefen word en word reg deur die jaar op verskillende vlakke gespeel. Die afrigters by die krieket-akademie is reg deur die jaar aktief besig om kinders professioneel af te rig, lewensvaardighede aan te leer en kinders genoeg geleenthede te gee om wedstryde op kompeterende, sowel as sosiale basis te speel.
Organiseerder B.Coetzee
Wesvalia se landloopatlete oorheers elke jaar, seisoen na seisoen. Die Wessie landlopers het lang asems en baie moed wat byeenkoms na byeenkoms beloon word deur puik prestasies. Landloop is ‘n individuele sport waar atlete die geleentheid kry om lekker fiks te bly gedurende die wintermaande. Atlete registreer by ACNW en hardloop tussen 3-6 km in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.
Hoërskool Wesvalia is die enigste Afrikaanse Hoërskool in Klerksdorp wat ‘n luggeweerklub het en wat luggeweerskiet as ‘n sportsoort aanbied vir leerders en ook aan die publiek.
Wesvalia is by SAARA geaffilieerBeste Klerksdorp Luggeweer Klub / Wesvalia Luggeweer Akademie – Lede en Skuts,
Hiermee die verkose lede tot die SAARA NW en Klubbestuur soos op Woensdag 26 Julie 2023.
SAARA NW:
- Voorsitter: André du Plessis
- Vise Voorsitter: Victor Muller
- Afrigting: Vakant
Klubbestuur:
- Voorsitter: André du Plessis
- Vise Voorsitter: Geze Roets (Verteenwoordig Hoërskool Wesvalia)
- Administrasie: Rona du Plessis
- Afrigting: Victor Muller
- Tegniese Offisier: Pieter Jordaan
Skakeling met Skole:
- Elané de Klerk: Laerskool La Hoff
- Nadia Gouws: Laerskool Saamtrek
- René Muller: Hoërskool Wesvalia
Sport Organiseerder: Mev N. Hamman – Netbal Direkteur
By Hoerskool Wesvalia Netbal ontsluit en ontwikkel ons die liefde vir Netbal en met talentontwikkeling poog ons om die meisies se karakter te bou wat van kardinale belang is om die onbekende toekoms te trotseer.
Ons streef na ‘n standaard wat intellektuele asook hardwerkende spelers kweek en leer hulle ook gelyktydig watter toewyding dit behels om deel te wees van ‘n span en om as ‘n eenheid te funksioneer. So word die fondasie van ons Netbal Akademie gebou.
Wesvalia Netbal is deel van die Pukreeks wat ons meisies genoegsame bloodstelling bied om die sport te geniet maar ook gelyktydig hulself ontwikkel tot leiers asook mededingende opponente.
Ons Visie vir Wesvalia Netbal is om ‘n toonaangewende sportorganisasie te word, wat gerespekteer word vir die transformasie van lewens deur die bevordering van Netbal, verbind tot die voorsiening van haalbare paaie na bo in alle aspekte van Netbal, individue in staat stel om hul persoonlike beste binne ‘n omgee-gemeenskapsomgewing te bereik.
Ons Missie vir Wesvalia Netbal beklemtoon ‘n kultuur van gemeenskapsgees, met ‘n sterk gewig op die ontwikkeling van ons spelers, bied geleenthede om te speel, netbal afrig en bestuur in ‘n prettige, vriendelike, nuttige, omvattende en veilige omgewing.
Ons boustene en waardes vir Wesvalia Netbal bestaan uit:
G Gesindheid – ‘n Positiewe ingesteldheid produseer ‘n positiewe uitkoms,
V Veiligheid – Plaas altyd veiligheid eerste en speel altyd veilig, en
E Eerlikheid.
Sportorganiseerder: Mnr. W. vd Sant – Rugby Direkteur
Rugby is ‘n wintersport wat in die 1ste kwartaal beoefen word.
Ons glo glo daarin om elke speler die kans te bied om te ontwikkel – dus beskik die ons oor A – en B-spanne in elke ouderdomsgroep by die junior spanne en vanaf ‘n 1ste span tot ‘n 3de span by die senior spanne.
Geleentheid word aan alle spelers gebied om te ontwikkel as rugbyspelers en ook te verbeter in hulle posisies. Daardeur kan elke speler tot sy volle potensiaal ontwikkel en sy rugbyloopbaan op skool geniet en uitleef.
Rugbytoere wat jaarliks onderneem word vir rugbyspanne.
Organiseerder- Me. S. Ferreira
By Hoërskool Wesvalia is skaak die een sportsoort waar die BREIN saak maak, maar as jy ‘n Wessie-brein het, soos al ons leerders, het jy reeds die stryd oorwin.
Elke jaar lewer ons ‘n paar spelers op vir die Noordwesspan. In die Puk-reeks waar ons teen vyftien baie sterk skole meeding, staan ons, ons man en eindig gereeld tussen die eerste agt plekke.
Sluit aan by Wessie-skaak en word deel van ons skool se topleerders.
Organiseerder- Me. E. Slabbert
Die Hoërskool Wesvalia se tennis word gekenmerk deur absoluut pret, spangees, entoesiasme en nasionale prestasies.
Wesvalia is een van die min skole in Noordwes wat nog 6 dogters en 6 seuns spanne vir die Noordwes-ligas inskryf.
TOERNOOIE
Wesvalia poog om aan 2 toernooie per jaar deel te neem nl:
- Buffelspoorttoernooi.
- Sun City toernooi –5-9 Augustus.
Ons tennis is deel van die NWU-Prestige Reeks wat elke jaar ‘n junior en ‘n senior gemengde span insluit. Dit is altyd baie opwindend en baie goeie tennis word tydens hierdie reeks gespeel.
Ons maak gebruik van ‘n buite-afrigter Mnr Gideon Jordaan wat self ‘n SA-speler is.