Skooldrag - Leerlinge
Die skooldrag is die trots van Hoërskool Wesvalia en daarom moet die leerders altyd tydens sport-, kultuur- en ander skoolaangeleenthede, in busse, op straat en op ander openbare plekke, netjies en korrek geklee wees. Seuns se hemde moet byvoorbeeld te alle tye netjies ingesteek wees.
Kleredrag
Seuns:
- Maandae: Skoolbaadjie (verpligtend) langbroek, langmouhemp en das, warm baadjie/trui
Winter: Langbroek,langmouhemp en das en trui Somer: Lang- of kortbroek, das, en skoolbaadjie
Dogters:
- Maandae: Skoolbaadjie (verpligtend)
Winter: Rompie met bruin dik sykouse (tights)/langbroek, langmouhemp en das, skoolbaadjie/warm baadjie/trui
Somer: Skoolrok/langbroek met somer skoolhemp (mag geensins uithang onder trui/pull-over nie). Bruin skoolskoene met wit sokkies.
Wessiedrag
- Wessiebroek met Wessiehemp, tekkies/toe skoene
- Sweetpakbaadjie/sport drimac/warm baadjie