Ons Hoof
VISIE EN MISSIE
VISIE:
Elke Wessie se toekomsdroom word verseker deur deurlopende gehalte onderrig, afrigting en opvoedende ondersteuning.
MISSIE:
Wesvalia skep kundigheid, vaardighede en verhoudings waardeur elke Wessie die hoogste pieke sal kan bereik deur ons hoë standaarde in: akademie, sport, kultuur, leierskapontwikkeling, sosiale vaardighede, ons omgee en ondersteuning aan al die Wessies, samewerking met betrokke, entoesiastiese ouers, die professionele aanbod van ambisieuse personeel, die voorsiening van puik fasiliteite, getrou te wees aan ons land en sy mense, ons taal en kultuur en ons Christen waardes.

Mnr Lourens van der Merwe


Eerste Skoolhoof:
W.R. Hindley – 1975–1990

Tweede Skoolhoof:
S.F. Marais – 1992–1996

Derde Skoolhoof:
G.K. Keyter – 1997–2005

Vierde Skoolhoof:
Dr Frik Steenkamp – 2006-2023