Vakkeuses
HOE KIES EK DIE REGTE VAKKE?
Dit mag maklik lyk om vakke slegs op grond van jou persoonlike belangstellings en voorkeure, of die moeilikheidsgraad van die vakke te kies. Dit bly natuurlik jou keuse, maar as jy geen benul het van wat jy ná skool wil gaan doen nie, vertrou ons dat hierdie jou sal help om ‘n ingeligte keuse oor jou akademiese toekoms
te maak.
Voordat jy jou vakkie kies, behoort jy eers die volgende stappe te oorweeg:
- STAP 1: Vind uit wat jou belangstellings is en leer jouself ken.
Versamel inligting oor moontlike beroepsgeleenthede. - STAP 2: Neem kennis van die struktuur van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en die Onafhanklike Eksamenraad
(Independent Examination Board – IEB)-sertifikaat. - STAP 3: Maak seker dat jy bewus is van die toelatingsvereistes om aan ‘n tersiêre instelling te studeer.
- STAP 4: Kies tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid – ‘n baie belangrike besluit!
- STAP 5: Besluit nou op ‘n veilige vakkeuse vir Graad 10 – 12.
Graad 8 en 9
- Afrikaans: 50%
- Engels: 40%
- Wiskunde: 40%
- Nog 3 ander leerareas: 40%
- Nog 2 ander leerareas: 30%
Afrikaans Huistaal | Engels Eerste Addisionele Taal | Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid |
Lewensoriëntering | Lewenswetenskappe | Fisiese Wetenskappe (Wiskunde is ‘n vereiste) |
Inligtingstegnologie – (Wiskunde is ‘n vereiste) | Geografie | Visuele Kunste |
Rekeningkunde (Wiskunde word aanbeveel) | Ekonomie (Wiskunde word aanbeveel) | Besigheidstudies |
Ingenieursgrafika en ontwerp | Verbruikerstudies | Rekenaarstoepassingstegnologie |
Toerisme | Siviele Tegnologie | Dramatiese Kunste |
Landbou-tegnologie | Landbou-wetenskap | Landbou-bestuur |
Musiek |
LEERAREAS VIR GRAAD 10-12:
Vier verpligte vakke
Twee tale:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde OF Wiskundige geletterdheid
- Lewensoriëntering
Drie keusevakke
Enige drie ander goedgekeurde NKV-vakke
VOORWAARDES OM ‘N VAK IN GRAAD 10 TE NEEM:
Daar word aanbeveel dat leerders slegs met Wiskunde en Fisiese Wetenskap kan aangaan indien hulle 60% behaal het in graad 9.
SLAAGVEREISTES:
Vir alle verdere studies na skool, moet ‘n minimum van 30% behaal word in die taal van onderrig en leer van die betrokke instelling. Lewensoriëntering word wel vir promosie gebruik, maar word nie in aanmerking geneem vir naskoolse studies nie.
DIPLOMA STUDIES
Slaag NSS met 40% in 4 vakke
GRAADSTUDIES
Slaag met 50% in 4 van die vakke gemerk *
(Sekere fakulteite het bykomende vereistes)
Die volgende vereistes geld vir:
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS)
Afrikaans en enige 2 vakke: 40%
Enige 3 vakke: 30%
LANDBOUTEGNOLOGIE
Vakbeskrywing:
Landboutegnologie fokus op die gebruik van tegnologie in die landbou bedryf/sektor. Verwys na die kennisveld van hoe prosesse, gereedskap, toerusting, strukture en vaardighede deur boere gebruik, aangewend en benut word vir die verskillende produksieprosesse. Sodoende kan daar geproduseer word binne die raamwerk van volhoubaarheid en ‘n stabiele ekonomiese, estetiese en kulturele waardesisteem. Daar word ook aandag gegee aan die identifisering en oplos van probleme deur middel van tegnologie, kreatiewe denke, organisasie, bestuur en beheer, analise, evaluering, die toepassing van kennis, entrepreneurskap, veiligheid, konstruksie en onderhoud.
Landboutegnologie bestaan uit die volgende vakinhoude: Veiligheid, werkswinkelbestuur en –praktyk, strukturele metale, konstruksie prosesse, gereedskap en apparaat, kommunikasie, tekeninge, meting, kalibrering, berekeninge, elektriese motors, tegniese gereedskap, alternatiewe energieë, biobrandstowwe, sweis, hidrolika, aandrywing en ratverhoudings, besproeiingskedulering, rekenaartegnologie.
Aanbevole vakkombinasies:
Kombineer goed met verskeie leerareas, maar veral Geografie, Ekonomiese Wetenskappe, Wiskundige Geletterdheid, RTT, Verbruikerstudie, Landboubestuurspraktyk en die Tegnologie vakke.
Vakvereistes:
Geen, maar tegniese aanleg, vaardighede en belangstelling is ‘n aanbeveling
Moontlike loopbane:
* Entrepeneurs
* Tegnikus
* Vakman
* Bestuurder
* Ontwerp en konstruksie
* Projekbestuur
* Konstruksietoesighouding
* Basiese bouwerk en kontraktering
LANDBOUBESTUURSPRAKTYK
Vakbeskrywing:
Verwys na die studie en die toepassing van die produksie, ekonomiese en bestuurspraktyke vir die verbouing, transformasie en bemarking van landbouprodukte. Daar word klem gelê op aspekte soos waardetoevoeging en kwaliteit van produkte met die ekonomiese, estetiese, sosiale, en kulturele waardes daarvan.
Teoretiese kennis, vaardighede en bevoegdhede word op ‘n praktiese wyse met mekaar geïntegreer deur middel van die implimetering van relevante tegnologieë met spesifieke verwysing na bestuur, entrepreneurskap, bemarking en die operasionele ontwikkelingsvaardighede
Landboubestuurspraktyk bestaan uit die volgende vakinhoude:
Gewasproduksie, bestuursbeginsels, grond – en waterbestuur, natuurlike hulpbronne en afvalbestuur, diereproduksie, bestuursbeginsels, natuurlike hulpbrondbenutting, plaasbeplanning, rekordhouding, kwaliteitskontrole, bemarking, waardetoevoeging, prosessering, besigheidsplanne, agritoerisme en entrepreneurskap
Aanbevole vakkombinasies:
Kombineer goed met verskeie leerareas, maar veral Geografie, Ekonomiese Wetenskappe, Wiskundige Geletterdheid, RTT, Verbruikerstudie en die Tegnologie vakke
Vakvereistes:
Kan slegs twee van die Landbouvakke saam neem.
Moontlike loopbane:
* Entrepreneur
* Tegnikus
* Vakman
* Bestuurder
LANDBOUWETENSKAP
Vakbeskrywing:
Dit is die wetenskaplike bestudering en implimentering van die verskillende fassette, tegnieke, praktyke, komponente en tegnologieë van die primêre, sekondêre en tersiêre landbouindrustrie/bedryf, met die uitsluitlike doel om voedselsekuriteit te verseker, rou materiale en grondstowwe te verskaf, werksgeleenthede te skep en valuta te verdien. Binne die raamwerk van ekonomiese, natuurlike, omgewings en sosio – ekonomiese volhoubaarheid.
Landbouwetenskap handel kortliks oor die volgende vakinhoude:
Agro-ekologie, basiese/toepaslike chemie, grondkunde, plantvoeding, plantproduksie en plant-reproduksie, dierevoeding, diereproduksie, dieregesondheid en ekonomiese komponente. Landbouwetenskappe stel die leerder instaat om deel te neem en betrokke te
raak by verskeie toegepaste aksies waardeur hul hulself kan bekwaam en persoonlik ontwikkel. Dit vorm verder deel van ‘n spesifieke ingesteldheid, die ontwikkeling van sekere waardesisteme, perspektiewe en persepsies wat leerders voorberei en die weg baan na verdere studie aan ‘n universiteit, Universiteite van Tegnologie, Landboukolleges, ander instansies of as entrepreneur.
Leerders kry ook die geleentheid om hul kennisvlakke uit te brei, hul vak- en lewenskeuses te verbreed, om soveel meer moontlikhede en geleenthede te kan benut.
Aanbevole vakkombinasies:
Kombineer goed met verskeie leerareas meer veral Lewens- en Fisiese Wetenskappe, Geografie, Ekonomiese Wetenskappe, Wiskunde en Inligtingstegnologie
Vakvereistes:
Kan slegs twee van die drie Landbouvakke saam neem
Moontlike loopbane:
* Ekonomiese, finsndiële en die bemarking- sektore
* Tegnologiese ontwikkeling in terme van waardetoevoeging
* Genetiese ingenieurswese
* Alternatiewe brandstowwe
* Navorsing Landbouwetenskaplike
* Tegnikus
* Entrepreneur
* Onderwys
* Veearts
* Vakkundige
“Drama is life with the dull parts left out.”
Alfred Hitchcock
DRAMATIESE KUNSTE
Vakbeskrywing:
Dramatiese Kunste is die voorstelling van die mens se ervaring in dramatiese vorm vir ‘n gehoor. Die vak poog om kreatiwiteit te ontwikkel, om leerders voor te berei vir studies in ander velde wat te doen het met drama, die kunste en dit poog ook om elke leerder toe te rus met die nodige lewensvaardighede soos ‘n goeie selfbeeld, selfvertroue, kommunikasie vaardighede, empatie, selfdissepline, kritiese en analitiese denke, leierskap en help die leerder om saam te werk in groepe. Hierdie lewensvaardighede rus dus die leerder toe in elke beroep en vir alle omstandighede.
Aanbevole vakkombinasies:
Kombineer goed met alle vakke. Kan oorweeg word saam met: Verbruikerstudie, Ingenieursgrafika en Ontwerp en Visuele Kunste.
Moontlike loopbane:
* Teaterbestuur
* Bemarker
* Drama Terapeut
* Grimeerkunstenaar
* Stileerder
* Joernalis
* Dekor en Kostuum Bestuuder by ‘ teater of produksie maatskappy
* Onderwyser
* Maatskaplike Werker
* Choreograaf (Mits dit met Dansstudies gekombineer word)
* Gastehuisbestuuder (indien gekombineer word met Gasvryheidstudies of Verbruikers)
* Akteur
* Stelontwerper (Indien gekombieer word met kuns).
* Skrywer/Dramaturg
* Dosent
* TV Aanbieders en Radio-omroepers
* Regisseur
* Talent Agentskap
* Stemkunstenaar
* Sanger
* Verhoogbestuurder
* Beligtingsoperateur (Indien tegnies aangelê)
VISUELE KUNSTE
Vakbeskrywing:
Die vak dek ‘n breë spektrum van kreatiewe skeppinge wat die oog, hand, intellek en verbeelding by die konseptualisering en skep van kunswerke betrek. Visuele Kunste dek verskeie dissiplines soos teken, skilder, beeldhou en ontwerp. Die vak bestaan uit ‘n praktiese en teoretiese afdeling. Hier word leerders blootgestel aan innoverende denke omdat daar tans meer klem gelê word op kreatiewe probleemoplossings in die werksituasies. Visuele Kunste sluit ‘n magdom beroepe in, dus kan die leerder sy/haar vaardighede in meer as een beroep gelyktydig toepas. Met Visuele Kunste as agtergrond kan ‘n leerder sy/haar entrepreneursvaardighede suksesvol toepas in werkskepping.
Aanbevole vakkombinasies:
Kombineer goed met alle vakke. Kan oorweeg word saam met: Verbruikerstudie, Ingenieursgrafika en –ontwerp en Dramatiese kunste.
Moontlike loopbane:
* Skeppende kunste onderrig graad 4–9
* Visuele kunste onderwys graad 10-12
* Grafiese ontwerper
* Kommunikasie- /Inligtingsontwerper
* Industriële Ontwerper
* App Ontwerper
* Fotograaf
* Modeontwerp
* Kunsdosent
* Binnenshuisversierder
* Argitek
* Haarkappery
* Kunsterapeut
* Partytjie Beplanner
* Filmvervaardiger
* Grimeerkunstenaar
MUSIEK
Vakbeskrywing:
Die leerarea Musiek volg die gewone skool kurrikulum en is ‘n vak soos enige ander wat deel vorm van die vakpakket. Daar word interne en eksterne departementele eksamens afgelê.
Daar word gekonsentreer op Westerse musiek (WAP soos voorgeskryf) volgens die CAPS sillabus.
Alle instrumente word aanvaar. Volgens departementele instruksie bly die prakties by ‘n privaat onderwyser, maar interne eksamens word nog steeds as deel van die vak afgeneem. Individuele lesse word dus nie by die skool aangebied nie.
Praktiese musiek bestaan uit: musiekstukke, tegniese werk, toonlere, gehooropleiding. Vakmusiek begin in graad 10 met bv improvisasie, verwerking en ensemblewerk. Die elemente van musiek, Jass, Rock, Militêr, Moppies en Goema vorm deel van die sillabus. Die vak is ook ‘n universiteitstoelatings vak.
Vakvereistes:
Vir Graad 10 is die vereistes ‘n Graad 3 Unisa/AB of Royal Schools vlak prakties met Graad 3 vlak teorie. Dit is egter nie verpligtend nie, maar wel opsioneel. As die betrokke vlak dus nie behaal is nie, kan ‘n oudisie afgelê word. ‘n Goeie musiekkennis en belangstelling is noodsaaklik.
Moontlike loopbane:
* Onderwys
* Professionele musikant
* Vermaaklikheiskunstenaar
* Sanggroepe
* Flim, CD en DVD maatskappye
* Musiektegnologie
* Ateljee beampte
* Musiekterapeut
* Musiekverwerking
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (RTT)
Vakbeskrywing:
Die vak handel oor alle rekenaar- en rekenaarverwante (tablette/slimfone ens.) tegnologie. Die hedendaagse tegnologiese vereistes verander gedurig, die vak rus die leerders met vaardighede toe wat hul in elke studierigting en/of werksomgewing kan gebruik. Dit is ‘n ‘life skill’!
In kort is RTT die effektiewe gebruik van inligting en kommunikasie tegnologie. Leerders sal die vaardighede ontwikkel om data te analiseer en krities te verwerk na inligting, dit te manipuleer en te kommunikeer in verskillende formate.
INLIGTINGSTEGNOLOGIE(IT)
Vakbeskrywing:
Die doel van IT is tweeledig:
Teorie 40% van die vak
Om leerders te help om ‘n bietjie meer oor rekenaars te wete te kom – waaruit hulle bestaan, hoe hulle werk, wat hulle kan doen en waarvoor hulle gebruik word
Prakties (progammering) 60% van die vak
Om leerders die soort probleemoplossingsvaardighede te leer wat hul instaat sal stel om rekenaarprogramme te skep wat werklik in die praktyk gebruik kan word. Leerders word geleer om klein tot groot programme, insluitende databasis hantering en SQL-programmering te ontwikkel. ‘n Diep grondslag word gelê sodat ander programmeertale met gemak na skool aangeleer kan word
Vakvereistes:
60% vir Wiskunde en Afrikaans in Gr 9. Rekenaars met Access, Word is ‘n sterk aanbeveling vir die vak
Moontlike loopbane:
* Stelselontleders
* Programmeerders
Alle B.Com en B.Sc grade het nou ‘n komponent van informatika.
VERBRUIKERSTUDIES
Die algemene doel van hierdie vak is om leerders verantwoordelik, bewus en betrokke te kry en behoorlik in te lig oor die gedrag as verbruikers. Dit stel leerders in staat om as ‘n entrepreneur verbruikers te lok en om produkte en dienste aan hulle te verkoop.
In Verbruikerstudie word die volgende bestudeer:
Voedsel en voeding, behuising en interieurs, entrepreneurskap, klere en mode
Verbruikerstudies bestaan uit ‘n teoretiese sowel as ‘n praktiese komponent. Leerders het ‘n keuse tussen voedsel of interieur vir die praktiese komponent
Verbruikerstudie is wel ‘n graadvrystellingsvak
Aanbevole vakkombinasies:
Kuns
IGO
Lewenswetenskappe
RTT
Toerisme
Besigheidstudies
Landbouwetenskappe
Landboubestuurspraktyk
Moontlike loopbane:
* Behuisingskonsultant
* Binnehuise ontwerp
* Klerebemarking en produksie
* Mode-aankoper
* Voedseldiensbestuur
* Voedselnavorsing
* Voedselgehaltebestuur
* Entrepreneur