Kultuuraktiwiteite
Vir die ATKV is die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel van nasiebou, versoening en ‘n suksesvolle Suid-Afrika.
Doel van die ATKV:
- die Afrikaanse taal uit te bou;
- ‘n Afrikaanse kultuur uitkomste bied;
- relevant en geloofwaardig wees;
- ontwikkelingsgerig wees;
- netwerke vestig en uitbou;
- ekonomies kragtig en volhoubaar wees;
- die demografie van die Afrikaanse gemeenskap verteenwoordig;
- eietyds en dinamies wees;
- eie ATKV-handelsmerkwaarde koester.
ATKV-waardes
- Die ATKV word gekenmerk deur die Christelik-Bybelse grondslag.
- Die ATKV bedryf aktiwiteite volgens gesonde sakebeginsels.
- Die ATKV is verbind tot goeie korporatiewe bestuur.
Die ATKV se besluitneming en optrede is gebaseer op die etiese waardes van: verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, billikheid, deursigtigheid, respek, gelykheid en menswaardigheid.


ORGANISEERDER – MNR BEN PIENAAR
Dis ‘n geestelike geselstyd waar gaste geleentheid kry om vrae van ons leerders te antwoord. Ons twee aanbieders skep ‘n gemaklike atmosfeer waar ons as skool saam kan leer deur die antwoorde wat ons gaste gee. Alles is gesentreerd om die Woord en is gefokus om ons leerders na Jesus toe te wys. Elke Rooibank het ‘n unieke tema wat uit ons leerders se behoeftes kom.


ORGANISEERDER – Me. H. van Niekerk
Debatvoering ontwikkel leiers deur hulle voor te berei en te bemagtig vir daaglikse openbare debatvoering wat in die samelewing plaasvind.
Jy leer om
• aktueel betrokke te wees
• krities te luister en te leer
• inligting te versamel, te analiseer en te verwerk.
• logiese, kreatiewe denke te ontwikkel
• eie menings en argumente te formuleer
• met selfvertroue ander mense tot jou standpunt oor te haal
• op jou voete te dink en uit die vuis te reageer op ander se argumente


ORGANISEERDER – Me. Thea de Beer
Ons het ons eie fotografieklub waar leerders opgelei word om professionele fotograwe te word. Iets wat hul vir die res van hul lewens kan gebruik.
Future Photographerz bied elke Donderdag van 14:00 tot 15:00 fotografie-klasse aan in die kunsklas ( kamer 2). Leerders ontvang teorie aantekeninge en kan maandeliks deel neem aan fotografie – kompetisies. Alle fasette van fotografie word aangeraak.
Die kursus strek oor twee jaar en leerders verwerf ‘n junior geakkrediteerde diploma van VEGA. Die instansie verskaf al die kameras tydens klastyd. Eie kameras is nie verpligtend nie. Besoek hul webwerf by www.futurephotographerz.com.
Leerders pas hul teorie-les prakties toe onder leiding van Future Photographerz se verteenwoordiger.
Die fotografieklasse bied die leerder die geleentheid om sy/haar oog vir die estetika te ontwikkel. Die neem van foto’s vorm ‘n integrale deel van ons tieners se lewens. Honderde foto’s word met hul selfone geneem. Die klasse verryk en ontwikkel hul kennis en komposisie ( kleur, oogbaan, fokuspunt ens.)
Kreatiwiteit is ‘n vaardigheid wat noodsaaklik is in enige skoolvak. Die leerder word aangemoedig om sy/haar kreatiwiteit te ontwikkel deur ‘n praktiese waardering en ontleding van die estetiese in sy/haar onmiddellike omgewing. Oorspronklikheid en kreatiwiteit word toegepas in alle fasette van fotografie en bemagtig die leerder om dit ten alle tye in hul lewens te gebruik.


ORGANISEERDER – Me. Hesta van Niekerk
Die jaarblad verskyn gewoonlik in Desember. Leerders bestel en betaal vooraf en ontvang die blad saam met sy/haar rapport aan die einde van die jaar.
Die blad word gefinansier deur bladgelde, maar veral deur advertensies. Volbald-advertensies in kleur kos in die omgewing van R2000. Halfblad (swart en wit) R1000 en kwartblad R600. Advertensies kan aan die begin van die derde kwartaal ingestuur word. Bladgelde beloop in die omgewing van R150-R180 per eksemplaar.
Foto’s (formeel, sport en kultuur) word deur die jaar geneem. Alle sport, ook buite-skoolverband, word gedek.
Nie net sport- en kultuuraktiwiteite word gedek nie, maar ook matriekafskeid, toere, sosiale funksies, uitstappies en dies meer.
Die eerste gedeelte word aan die matriekleerders gewy en beskik oor meer inligting rakende die matrieks. Die doel hiermee is om, veral vir die matrieks, dan ook te dien as herinnering aan hulle hoërskoolloopbaan en as koffie-tafelboek. Daarom het die matriekblad ook ‘n duursamer buiteblad met die foto en naam van elke matrikulant op die buiteblad.


Organiseerder: Mev. T. de Beer
Slegs deur baie deursettingsvermoë en harde werk word waarneming en visuele geletterheid aangeleer en kreatiwiteit ingespan om oorspronklike oplossings vir probleme te vind. Die korrekte vaardighede en verskillende media en tegnieke word met tyd bemeester en elke leerder word deur die proses soos ‘n diamant fyn geslyp.
Suksesvolle kunsskepping laat die leerders se menswees ontwikkel en hul selfvertoue groei. Dit word weerspieël in die besonderse kunswerke wat iets van die elke leerder se siel reflekteer.
Die kunsuitstalling word jaarliks gehou. Die uitstalling is `n hoogtepunt op ons skoolkalender. Elke kunsleerder spog met kunswerke van hoogstaande gehalte.

Organiseerders – Me. Luandie Coetzee en Me. Brenda Botha.
Landsdiens is ‘n beweging wat poog om ‘n liefde vir God, jou naaste, die natuur en arbeid by leerders te kweek.
Leerders registreer by Noordwes Landsdiens en word ook beloon vir prestasies behaal. Daar word jaarliks provinsiale- en nasionale kampe aangebied. Landsdiens Gemeenskapsprojekte word jaarliks aangepak.
Wessie – Landsdiens beoog om hierdie jaar ‘n verskil te maak deur kos, toiletware en skryfbehoeftes vir behoeftige leerders in te samel. Ons ondersteun ook die DBV, Huis Servaas en Adonai-skool vir gestremdes.



ORGANISEERDER – Me. Hesta van Niekerk
‘n “Engelse” redenaarskompetisie vir die leerders van Wesvalia waar hulle die geleentheid kry om ‘n toespraak voor te berei en dit dan aan onafhanklike beoordelaars te kom voorhou.
Daar is twee afdelings: Juniors (Gr 8 & 9) en Seniors (Gr 10-12). Die 1ste 3 plekke neem aan die Interskole vir Afrikaanse skole deel.
Die 1ste twee plekke wat hier aangewys word neem deel aan die Interskole vir Eerste taalsprekers.

ORGANISEERDER – Me. Carinda Calitz
Die Wessies kan redeneer en is definitief kampioene in die “bekgeveg”
Ons redenaars neem jaarliks aan die Inter skool Redenaarskompetisie deel waar die Wessies gewoonlik oorheers as dit kom by die prysuitdeling.
TEMAS vir 2021
Graad 8 en 9 (Voorbereid)
- Lees
- Instinktief
- Seine
- Toekoms
- Liefhê
- Afronding
Graad 10 tot 12 (Voorbereid)
- Murg
- Alternatief
- Erodeer
- Lees
- Instinktief
- Seine

ATKV-Redenaars 2021
Ons spog met 5 leerders onder die top 10.

4de in Noordwes
Jonathan Botha

5de in Noordwes
Dimitri Themistoceous

7de in Noordwes
Sonelle du Preez

8ste In Noordwes
Moné Oosthuizen

10de in Noordwes
Kiara Erasmus
Ligte! Kamera! Aksie!
Die planke van Tharseo Theatro se verhoog kreun luid en lekker soos die leerders van Wesvalia Drama Akademie smiddae gereedmaak om gehore te betower met toneelspel uit die boonste rakke.
Hier by Wesvalia Drama Akademie se verhoog kan leerders van alle ouderdomme deel wees van pret produksies en hul passie vir die uitvoerende kunste op gereelde basis uitleef.
Kontak Liena van der Merwe 083 743 1856

Mnr en Mej Wesvalia
Marizé Fouchè en Niël van der Walt 2021
