KOSHUIS

Hoërskool Wesvalia se koshuis vestig 'n nuwe konsep in skoolkoshuislewe – anders as tradisionele koshuiskamers waaraan ons gewoond geraak het. “’n Huis, weg van die huis, wat lyk soos ‘n huis.”

Wesvalia glo aan voortdurende verandering en gevolglik is daar in 2001 besluit om eksklusiewe en moderne huisvesting aan leerders te bied. Die koshuis bestaan uit 'n aparte dogters- en seunseenheid en gesamenlike eetsaal.

Die dogterskoshuis bestaan uit gerieflike kamers. Daar is 'n snoesige leefarea met televisie, musiek, 'n volledig toegeruste kombuis met mikrogolfoonde, yskas ens. Daar is ook 'n ontvangslokaal, 'n ontspanningsarea en genoeg badkamers.

Die seunskoshuis bestaan ook uit gerieflike kamers. Seuns het hulle eie leefarea, kombuis en vele meer…!

Eie gordyne en beddegoed verseker 'n eie identiteit en eienaarskap aan die Wessie-inwoners.

'n Gesamentlike eetsaal en spesiale spyseniering deur kontrakteurs sorg dat inwoners daagliks geurige gebalanseerde etes in 'n gesellige atmosfeer kan geniet.

Gesonde interpersoonlike verhoudinge word ook gevestig deur 'n gesinsatmosfeer te skep met streng gekeurde huisouers en diensdoenende personeel. Hierdie persone begelei inwoners om probleme te hanteer en rond hulle af op die pad na volwassenheid. Die diensdoenende personeel wat na u kinders sal omsien, asook toesien dat alles ordelik verloop, is by die seuns: mnr. Conrad Myburg en by die dogters me. Celesté Smit.

By Wesvalia bedryf ons akademie, sport, kultuur, leierskap en menswees op die hoogste vlak. Daarby sorg ons vir genoeg ontspanning! Die eindresultaat: 'n Gebalanseerde individu wat korrekte keuses kan maak, gereed vir die toekoms.

KOM MAAK ONS KOSHUIS JOU TUISTE VIR 'n BLINK TOEKOMS!

Indien u enige vrae rakende die koshuis het, kontak gerus vir mnr. Piet Snyman (018) 468 1023/4.