Dramatiese Kunste

Dramatiese kunste word as vak aangebied by Wesvalia vir Graad 10-12 leerders. Vir die leerders word ‘n platform gebied om hul liefde vir die verhoog en die kunste uit te leef onder professionele toesig e leiding van die drama onderwyser.

Opvoedkundige drama uitstappies na teaters, feeste en produksies vul die vak aan en verbreed die leerders se ervaring van die vak.

Wesvalia beskik oor hul eie teater, TharseoTheatro, waar die drama leerders ook geleentheid kry om hul talente ten toon te stel. Die teater bring ook professionele produksies na die leerders waar hulle eerstehands drama op sy beste kan geniet en self met die akteurs kan gesels .

Dramatiese kunste as vak is nie net vir die leerder wat drama wil gaan studeer nie, dit rond af, verbreed, horisonne en sorg vir balans.

Hoërskool Wesvalia