ALGEMENE INLIGTING

Kultuur in Wesvalia is 'n lewenslange passie, 'n alledaagse avontuur, 'n stil verslawing en 'n bron van oneindige vreugde! Die kultuuraktiwiteite wat aangebied word is 'n uitdaging vir ieder en elk en ons trek van skaakspelers tot jou geharde rugbyspelers.

Wesvalia is die enigste skool in die omgewing wat kan spog met 'n groot verskeidenheid kultuuraktiwiteite waar daar vir elke kind 'n geleentheid is om uit te leef in kultuur.