Algemene Inligting

Alhoewel die kollig by Wesvalia op gebalanseerdheid val, is akademie uiters belangrik. Hoërskool Wesvalia staan bekend as die beste akademiese hoërskool in die omgewing. Wesvalia is die enigste hoërskool in Klerksdorp op die lys van Top 100 skole in Suid-Afrika.

Ons is ‘n top akademiese skool wat ruimte bied vir leerders oor die hele spektrum wat bereid is om hard te werk en hul deel te doen.

Hoërskool Wesvalia beskik oor ‘n puik vakkundige personeelkorps met ‘n goeie balans tussen ervare en jong onderwysers.

Ons bied die volgende:

  • Graad 8 -12 ekstra akademiese hulp, Maandae tot Vrydae 14:00-15:00
    Onderwysers is beskikbaar vir akademiese afsprake op versoek van die leerders.
  • Wiskunde Hulpklasse
    Word vir leerders aangebied en is gratis.
  • Winterskool
    Word jaarliks soos toegelaat tydens die winterskoolvakansie vir die graad 12 leerders aangebied ter voorbereiding vir die Rekord- en Eindeksamen.
  • Ontwikkelingsgeleenthede
    Ons bied vir ons leerders die volgende addisionele geleenthede:
    – Vakinligtingsaand vir graad 9 – leerders

Wesvalia is ‘n skool waar almal sal inpas, akademies sal groei en ontwikkel. Dit sal verseker dat jy ‘n goeie matrieksertifikaat asook universiteitstoelating kan ontvang om sodoende ‘n suksesvolle toekoms te verseker.

BESTUUR – AKADEMIESE HOOF
Vir enige navrae rakende akademie, is u welkom om Me. Marthie Venter te kontak –  e-pos na mventer@wesvalia.co.za

M. Venter -
Adjunkhoof Akademie

Add Your Heading Text Here

Hoërskool Wesvalia